Your Recipe Blog

KLOP EN BAK KOEK

Recipe by
4 hours

KLOP EN BAK KOEK

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk.
‘n Kinderpartytjiekoek gemaak deur my dogter.

  • 1½ koppie suiker
  • 7 ekstra groot eiers
  • 375 g sagte botter
  • 3 koppies bruismeel
  • ¼ teelepel sout
  • ¼ koppie melk
  • 2 teelepels vanilla-ekstrak
  • Sit bestanddele in volgorde in mengbak (ons gebruik grootmaat menger).
  • Klits alles vir ongeveer 3-5 minute saam tot dik en gladde beslag vorm.
  • Neem verskeie bakke en deel beslag in vier bakke, gooi kleursel van keuse by, of een groot plaatkoekpan of 40 kolwyntjies.
  • Vir sjokoladekoek:
  • Sif 80 ml kakao saam meel en vermeerder melk na ½ koppie.
  • Bak by 180 ºC vir 25 – 30 minute.
  • Dit hang ook af watter grootte koekpanne jy gebruik. Toets maar.
  • Versier na keuse.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page