KLOP EN BAK KOEK
‘n Kinderpartytjiekoek gemaak deur my dogter.
- 1½ koppie suiker
- 7 ekstra groot eiers
- 375 g sagte botter
- 3 koppies bruismeel
- ¼ teelepel sout
- ¼ koppie melk
- 2 teelepels vanielje-ekstrak
Sit bestanddele in volgorde in mengbak (ons gebruik grootmaat menger).
Klits alles vir ongeveer 3-5 minute saam tot dik en gladde beslag vorm.
Neem verskeie bakke en deel beslag in vier bakke, gooi kleursel van keuse by, of een groot plaatkoekpan of 40 kolwyntjies.
Vir sjokoladekoek:
Sif 80 ml kakao saam meel en vermeerder melk na ½ koppie.
Bak by 180 ºC vir 25 – 30 minute.
Dit hang ook af watter grootte koekpanne jy gebruik. Toets maar.
Versier na keuse.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk.