Your Recipe Blog

KLEWERIGE VOLSTRUIS VLERKIES

KLEWERIGE VOLSTRUIS VLERKIES

Dié foto is sommer net so op die ingewing van die moment geneem – vir konteks.
Vir my, is volstruis vlerkies enige dag lekkerder as ribbetjies, hetsy in die oond gebak of, soos hier, gebraai. ‘n Heerlike sag, soet/sout en taaierige lekkerte!
Jy kan enige marinade gebruik wat ‘n “sticky sauce” maak.
Hier, het ek die ou marinade resep waarmee meeste van ons groot geword het, met tamatie sous, blatjang, woestersous, knoffel ens. gebruik. (Resep onder aan)

Die vlerkies is skoongemaak, en in die marinade oornag geweek. Ek het toe water byvoeg en hulle vir so ‘n uur en ‘n half lekker sag gekook, terwyl die sous weer verdik het.
Trek hulle dan oor ‘n vuurtjie terwyl jy hulle gedurig met die sous bedruip.
Jy kan hulle selfs vir so 2 ure lank in die oond bak – net so lekker!
Eerlik, ek het hulle nog nooit voorgesit sonder hope komplimente nie.

  • Veelsydige Marinade:
  • 1 koppie tamatiesous
  • 1 koppie blatjang
  • ¼ koppie Worcestersous
  • ½ koppie sonneblomolie of olyfolie
  • ¼ koppie asyn
  • ½ koppie suiker
  • 2 knoffelvingertjies, gekap
  • sout en peper na smaak
  • Worcestersous speserye, opsioneel

Meng alles saam en laat vleis oornag, of vir ten minste 6 ure marineer.
Hierdie marinade kan aangepas word met fyn gekapte uie, ‘n pakkie bruinuiesoppoeier, appelkooskonfyt, mayonnaise ens.

Resep en foto: Annelie Imbrailo

Logan Vorster
Die is ‘n must have by elke braai!
Ek sit myne in die stoompot, met so 800 ml Coke, six gun grill en 2 eetlepels bruin suiker – waneer ek hulle op die rooster sit, spice ek hulle weer bietjie en dan gebruik ek verskillende souse nl: Balsamic & pomegranate glaze of heuning, of six gun se marinadesous, net voor ek hulle afhaal, dan vryf ek dit lekker in met ‘n kwassie, bitter lekker!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page