Your Recipe Blog

KLEWERIGE BRAAISOUS VIR VARKREPIES MET KAPOKPATATS

KLEWERIGE BRAAISOUS VIR VARKREPIES MET KAPOKPATATS

Hier is die braaisous (basting) en kapokpatats resepte. Ek het die Food Lovers Recipes se ertjieslaai by bedien.

  • Braaisous:
  • ½ koppie tamatiesous
  • ½ koppie blatjang
  • ½ koppie soetrissiesous
  • 1 blokkie beesekstrak, opgelos in 1 koppie kookwater
  • 3 eetlepels kookolie
  • 3 eetlepels Worcestersous
  • sout of Aromat en peper na smaak

Meng al die bestanddele saam en plaas eenkant tot benodig.
Braai die varkrepies op die vuur, in ‘n warm pan op die stoof of in die oond soos verkies.
Smeer die sous met die eerste omdraaislag op die vleis en weer aan die ander kant voor die vleis afgehaal word van die hitte.

  • Kapokpatats:
  • 4 middelslag patats, geskil en in stukke gesny
  • ½ koppie melk
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 3 eetlepels botter of margarien
  • 1 eetlepel gouestroop of esdoringstroop
  • sout na smaak

Bedek die patats met net genoeg water in ‘n kastrol en kook totdat ‘n vurk maklik daarin druk.
Giet die water af en voeg die melk, bakpoeier, botter en stroop by en bring dit weer tot prutstadium op die stoof.
Maak die patatmengsel fyn met ‘n aartappeldrukker (masher).
Voeg sout na smaak by en bedien. Njam!

Nota:
Die water in die aftreksel by die braaisous veroorsaak stoom en voorkom dat die braaisous aanbrand.
Die braaisous kan op enige vleis soos steak tot hoendervlerkies gebruik word en hou goed in die yskas.
Jy kan dus die resep vergroot en in die yskas bêre.

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page