KLEURVOLLE MENGSELDRANKIE
- 25 ml arbei likeur
- 25 ml Barcardi mojito
- 25 ml perske schnapps
- 10 ml gin
- 25 ml Roses lime cordial
- lemoensap, verkieslik vars
- 50 ml Butlers blue
- ys
In ‘n “cocktail” glas skink eerste jou arbei liquer in.
Voeg genoeg ys by om die glas half vol te maak.
Volg nou met die mojito, gevolg deur die schnapps en dan die gin.
Vul die glas driekwart met lemoensap.
Gebruik ‘n voedselverwerker en maak dit half met ys en voeg die Butlers blue by en verwerk die ys tot ‘n “smoothie”.
Skep die mengsel bo op die lemoensap tot die glas vol is.
Versier met ‘n sambreeltjie, of ‘n kersie of enige vrug.
Foto: Ilona Turner
Resep: Casper Turner