Your Recipe Blog

KLEURVOLLE KOEKSTRUIF

KLEURVOLLE KOEKSTRUIF

Ons trifle vir vandag se Kersete.

  • 1 sponskoek
  • 1 liter vla
  • 1 blik gemengde vrugte
  • 2 pakkies jellie
  • 1 blikkie karamel
  • 250 ml vars room
  • 1 pakkie gekapte grondboontjies
  • 1 houer kersies

Maak die jellie die vorige aand en plaas in yskas om te stol.
Sny die sponskoek in blokkies.
Plaas ‘n laag van die blokkies in die trifle bak.
Sny die jellie fyn met ‘n vurk.
Plaas ‘n laag jellie bo-op die sponskoek.
Sit ‘n laag vrugtestukkies bo-op die jellie.
Bedek dit met ‘n laag vla.
Herhaal stappe 2 tot 7.
Sit die karamel in ‘n piping bag en spuit oor die boonste laag vla.
Klits die room styf en plaas bo-op die karamel en vla.
Strooi die grondboontjies bo-oor die roomlaag.
Versier met die kersies.

Resep en foto: Pieter van der Westhuizen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5