KLEINMAAT VETKOEK
- 2 koppies koekmeel
- 1 teelepel sout
- 1 pakkie kitsgis
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel asyn
- 50 ml kookolie of meer
- 200 ml louwater
Meng die droë bestanddele saam in ‘n mengbak en meng die nat bestanddele in ‘n beker.
Voeg die watermengsel by die meelmengsel en meng tot jy ‘n redelike deeg het.
Knie goed, maak warm toe en en laat rys tot dubbel.
Strooi oppervlak met bietjie meel en druk deeg plat, maar nie te dun nie, en druk uit met ‘n glas.
Sit genoeg kookolie in jou pot of pan, maak meduim warm en sit die vetkoeke een, een in sodat die olie nie te vinnig afkoel nie.
Wanneer jou olie te warm is sal die vetkoek te vinnig bruin word buite om en binne rou bly. Gooi die hele tyd olie oor die vetkoek totdat dit klaar gerys het. Draai af en toe tot die hele vetkoek mooi bruin en gaar is.
Toets vir gaarheid en haal uit, pak op kombuispapier om die ekstra olie te absorbeer.
Lewer 6 vetkoeke.
Resep: Pikke De Beer Els
Foto: Kristen Kennedy
Nota: Ek het hierdie kleinmaat vetkoek resep vandag probeer, dit was so lekker! Ek sal dit beslis weer gebruik. Ek het 8 vetkoekies uit die deeg uit gekry😃