Your Recipe Blog

KLEINMAAT MELKKOS

Recipe by
| Servings: 2 - 3

KLEINMAAT MELKKOS

Hierdie resep gee 2 – 3 porsies.

  • 500 ml melk
  • 100 ml koekmeel
  • 100 ml melk
  • 1 teelepel bruinsuiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 teelepels mielieblom/Maizina
  • lekker knypie sout

Verhit melk oor medium hitte. Meng die droë bestanddele saam en meng in die 100 ml melk in.
Roer stadig by warm melk in. Roer deurgaans tot dik en romerig. Laat baie stadig prut vir paar minute.
Bedien warm met kaneelsuiker en ‘n klontjie botter.

Nota:
Volgende keer sal ek ‘n 1 kardamompeultjie saam in die melk verhit.

Foto en resep: Meyer Combrinck

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page