Your Recipe Blog

KLEINMAAT FLOPVRYE PANNEKOEK

KLEINMAAT FLOPVRYE PANNEKOEK

Dis koud dis nat en boonop nog wind ook gelukkig brand die kaggelvuur en dit maak die Louw woning ‘n hartsplek.
Vroulief Rinie bak vir ons pannekoek en sy mag maar, dis djeeeerlik, ek moet haar nog net leer om dit te flip met die pan en dan raak te vang, maar intussen draai sy dit met ‘n spaan om.
Ek vat sommer sulke groot happe aan die heerlike lekkerte, want die koue maak mos mens koud en honger (my oorle moeder het altyd gesê ons eet soos ‘n klomp weerwolwe assit so koud is en daar was sewe wolwe) ek wetie van julle nie, maar vir my issit so.
Hierdie is seker een van die lekkerste en maklikste resepte wat jy kan kry en kannie flop nie.

  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 ½ koppie water
  • 1 teelepel kookolie of gesmelte botter
  • ½ teelepel sout
  • 1 teelepel suurlemoensap
  • 1 geklitste eiers
  • ekstra olie vir bak
  • kaneel en suiker, gemeng

Sif die droë bestanddele saam en roer die water, eiers, olie en suurlemoensap by. Meng goed tot ‘n loperige beslag.
Bak in ‘n groot pan met ‘n bietjie olie tot mooi bruinerig en doen ook so die anner kant deur dit te flip of met ‘n spaan om te draai.
Die wat klaar gebak is, kan op ‘n bord bo op ‘n kastrol met warm water warm gehou word.
Besprinkel met kaneel en suiker wat gemeng is en rol toe.
Lekker maklik en gou sonner fieterjasies.
Hmmmm

Respe en foto Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5