Your Recipe Blog

KLEIN BEETVORMPIES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6-7 vormpies

KLEIN BEETVORMPIES

Hierdie is net ‘n idee wat hierde jaar baie goed gewerk het by ons. Ek wou nie hê daar moet baie kos oorbly nie, en het sover moontlik in porsies gewerk. Omdat almal nie altyd beet inskep nie, want die sous loop in die bord, werk hierdie een pragtig.

  • 1 klein botteltjie gerasperde beet in “spicy brine” (405 g)
  • ¾ pakkie rooi jellie
  • 125 ml kookwater
  • 125 ml van die beetsous

Dreineer die beet, maar behou die vloeistof.
Maak die jellie aan met die kookwater, meng tot opgelos en laat redelik afkoel.
Meng die beetsous by die jellie, en meng die beet daarby in.
Skep in 6 – 7 klein vormpies (gespuit of natgemaak met water vooraf) wat jy kan ontvorm nadat dit gestol het.
Dit maak presies 7 porsies, ek het 6 gaste gehad en 1 ekstra.
Heerlike en maklik.

Idee en foto:  Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page