KLAPPERMELK-PATAT-EN WORTELSOP
- 15 ml olie
- 15 ml botter
- 1 groot ui, gekap
- 2 cm vars gemmer, gerasper
- 2,5 ml rooi kerrie pasta
- 4 wortels, en in stukke gesny
- 3 oranje patats geskil en in blokkies gesny (Borrie patats)
- 1 x 165 ml klappermelk
- 5 ml sout
- Vir voorsit:
- 10 g koljanderblare, gekap
- 1 brand rissie, gekap
- 1 wiel fetakaas, gekrummel
Verhit olie en botter in diep kastrol. Braai ui en gemmer tot geurig, roer die kerriepasta deur.
Voeg wortels en 4 koppies water by. Laat prut tot wortels amper sag is.
Voeg die patat blokkies by en laat verder prut tot sag.
Verwyder van hitte en pols fyn met ‘n staafmenger of in voedselverwerker.
Gooi terug in kastrol en voeg klappermelk by en geur met sout.
Sit voor met koljander, brandrissie en fetakaas.
Foto en resep: Martie Fourie Moolman