Your Recipe Blog

KLAPPERMELK PAMPOENKERRIE

KLAPPERMELK PAMPOENKERRIE

Ek het Vrydag lus gehad vir net groente en besluit toe om pampoen klappermelk kerrie te maak. Ek maak dit weer maar dan op ‘n vleislose Maandag. 😊 Dit lyk na ‘n lang proses maar was maklik en vinnig om te maak.
  • 500 – 600 g pampoen van jou keuse in blokkies gesny (Ek het Hubbard Squash gebruik)
  • 1 medium ui, gekap
  • 1 medium aartappel, in blokkies gesny
  • 1 blikkie tamaties en ½ blikkie water om die tamatie blikkie mee uit te spoel
  • 1 blikkie klappermelk
  • 1 takkie kerrieblare (omtrent 12 blare, ek koop vars en vries)
  • 1 teelepel knoffel/gemmermengsel
  • 1 teelepel kerriepaste (ek het Packo gebruik)
  • ½ teelepel kerriepoeier of meer (Ek het Packo Masala gebruik)
  • ¼ teelepel koljanderpoeier
  • ¼ teelepel komynpoeier
  • ‘n bietjie kaneelpoeier
  • ‘n bietjie gemmerpoeier
  • ‘n bietjie risssievlokkies, as jy wil vir ekstra skop
  • 1 teelepel sout
  • 1 tot 2 teelepels suiker
  • vars of gedroogde koljanderblare
  • olyfolie vir braai

Braai die uie in bietjie olyfolie oor medium hitte vir so ‘n paar minute.
Sit die knoffel/gemmer, kerriepasta en al die ander poeiers en rissievlokkies by.
Braai saam met die uie vir so 30 sekondes terwyl dit geroer word.
Dit moenie brand nie.
Voeg die tamaties, (druk dit stukkend met jou houtlepel) ½ blikkie water, kerrieblare, suiker en ½ teelepel van die sout by en roer deur.
Verminder hitte en kook met deksel op vir 20 min.
Voeg die pampoen, aartappel en oorblywende ½ teelepel sout by en kook vir 20 tot 25 min totdat pampoen  sag is.
Voeg die klappermelk en koljanderblare by, kook verder totdat pampoen sag is maar nie pap nie.
Bedien met basmatie rys of soos verkies.

Resep en foto:  Annelize Duvenhage

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5