KLAPPER MALVAPOEDING MET KLAPPER KARAMEL EN SUURLEMOEN
- Meng die volgende saam en hou eenkant:
- 1 koppie koekmeel
- ½ koppie suiker
- 1 teelepel bakpoeier
- knippie sout
- Meng die volgende saam:
- 1 teelepel koeksoda
- 1 eetlepel asyn
- Laat opbruis en voeg by:
- 1 koppie melk of karringmelk
- 1 eetlepel stroop
- 1 geklitste eier
- Sous:
- 1 koppie suiker
- ½ koppie water
- 50 g botter
- ½ koppie room
- 1 blik klappermelk
- knippie sout
- 1 teelepel vanilla
- ‘n reep suurlemoenskil
Meng deur. Meng die nat bestanddele met die droë bestanddele. Klits met ‘n whisk tot glad. Moenie overmix nie. Giet beslag in gesmeerde bak en bak by 180°C tot gaar. Sny in blokke en giet kokende sous oor.
Sous:
Kook die suiker en water saam. Kook tot water weg is en dit karmeliseer tot ‘n ligte bruin.
Skud die pot. Moenie ‘n lepel naby die pot bring nie. Voeg die botter by en skud die pot. Voeg ‘n die room by en wieg die pot totdat die suiker weer gesmelt het. Sit die klappermelk, sout, vanilla en suurlemoenskil in. Laat staan tot die poeding gaar is. Verhit weer en giet oor warm poeding. Sprinkel ‘n hand vol geroosterde klapperskafsels oor vir tekstuur en versiering.
Bron en foto: Frikkie Jones