Your Recipe Blog

KLAPPER HOENDERKERRIE

KLAPPER HOENDERKERRIE

  • 4 – 6 hoenderborsfilette
  • 1 koppie koekmeel gemeng met sout en peper na smaak
  • olie vir vlakbraai
  • 1 eetlepel margarien/botter
  • 1 ui, gekap
  • 1 – 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 pakkie tamatiepasta (50 g)
  • 1 teelepel elk fyn gemmer en borrie
  • 1 eetlepel kerriepoeier
  • 1 blokkie hoenderekstrak, opgelos in 1 koppie kookwater
  • 1 blikkie klapperroom
  • 2 teelepels suiker indien verkies
  • vars koljanderblare, gekap
  • sout en peper na smaak
Sny hoender in blokkies, rol in meelmengsel en braai in sarsies in olie effens bruin.
Haal uit en hou eenkant.
Braai eers ui en knoffel in margarien.
Voeg gemmer, borrie en kerrie by, roer deur en braai bietjie.
Voeg tamatiepasta by en braai nog so 1 min.
Voeg die ekstrak by en bring tot kookpunt.  Kook so 3 min.
Voeg klapperroom by en prut so 3 min.
Voeg hoender en koljanderblare by en prut tot verdik.

Bedien met tamatiesalsa en blokkies avokado en rys of naan brood. Njam!

Foto en Resep:  Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page