KLAPPER HAREESHA
Resep en foto: Ilze Jacobs
‘n Baie vinnige en goedkoop gebakte nagereg en heerlik.
As jy van klapper hou is die een vir jou.
- 160 ml suiker
- 2 eiers
- 80 ml olie
- 160 ml koekmeel
- ¼ teelepel bakpoeier
- 250 ml klapper
- knippie sout
- 125 ml melk
- Sous:
- 160 ml suiker
- 160 ml water
- Klits suiker, eiers en olie saam. Voeg die res van die bestanddele by en roer deur.
- Skep die beslag in ‘n gesmeerde oondbak (10 x 20 cm) en laat staan vir 20 minute.
- Bak vir 25 – 30 minute by 180°C tot deurgaar.
- Kook die stroop bestanddele terwyl die poeding bak, en giet die sous oor die warm poeding sodra dit uit die oond uit kom.
- Bedien met vla of roomys.
Category:












