Your Recipe Blog

KLAPPER EN VLAKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minutes

KLAPPER EN VLAKOEK

Resep en foto: Frikkie Jones

  • Koek:
  • 4 ekstra groot eiers, geskei
  • 1 koppie suiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 80 ml sonneblomolie
  • 60 ml vlapoeier, opgemaak tot 200 ml met koue water en bietjie suiker
  • knippie sout
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 hoogvol koppie koekmeel
  • 1 koppie fyn klapper
  • Klits die eierwitte en sout saam tot styf en hou eenkant.
  • Klits suiker en eiergele tot dik en lig en baie bleek.
  • Giet die vlamengsel en olie oor die eiermengsel en sif die meel oor.
  • Meng tot net gemeng by lae spoed.
  • Roer die klapper in.
  • Sprinkel die bakpoeier oor en vou die eierwitte in 2 sarsies in.
  • Bak in voorbereide 23 cm pan by 180 ºC vir 60 min tot toetspen skoon uitkom.
  • Keer uit op draadrak en bedek met ‘n nat vadoek en laat afkoel tot koud.
  • Sny in 3 lae.
  • Vul met vulsel en sit meringue bo oor en brand met blaasvlam.
  • Versier met geroosterde klapperblare.
  • Vulsel:
  • Klits saam:
  • 125 g roomkaas
  • 60 g sagte botter
  • 1 teelepel vanilla
  • knippie sout
  • 1 teelepel suurlemoensap
  • Sif by:
  • 500 g versiersuiker
  • Klits tot lig en wolkerig. Gebruik tussen koeklae.
  • Meringue:
  • 4 eierwitte
  • knippie sout
  • 1 koppie suiker
  • Klits die eierwitte styf met ‘n knippie sout.
  • Voeg die suiker bietjies bietjies by en klits tot styf en glad.
  • Smeer oor koek en brand met blaasvlam of roosterelement.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page