KLAPPER- EN TUNAPASTA
- 1 blikke tuna
- 1 koppie klappermelk
- 1½ koppie Fusilli pasta
- 1 eetlepel kookolie
- 1 klein ui, opgekap
- 1 eetlepel gemaalde knoffel
- 1 eetlepel suiker
- sout na smaak
- 1 teelepel rooipeper vlokkies, opsioneel
- gedroogte pietersielie, opsioneel
- olie
Kook die pasta volgens pakkie se instruksies.
Verhit die olie op medium hitte in ‘n medium grootte pan en soteer die ui, knoffel en peper vlokkies tot geurig.
Voeg die tuna by en soteer vir twee minute.
Voeg klappermelk en suiker by, meng goed en voeg sout by na smaak.
Skep die tunamengsel by die pasta in, meng goed deur, strooi gedroogte pietersielie oor en geniet.
Resep en foto: Chantál Fourie