KLAM WORTELKOEK MET LEMOENSAP
- 225 g koekmeel
- 125 g strooisuiker
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel koeksoda
- 1 teelepel fyn kaneel
- ½ teelepel sout
- 175 g ingemaakte fyn pynappel, gedreineer
- 45 ml olie
- 2 eiers, geklits
- 60 ml sagte bruinsuiker
- 350 g wortels, fyn gerasper
- 2 lemoene se sap
- 80 ml pitlose rosyne
- Versiersel:
- 250 g gladde laevet maaskaas
- 30 ml suiker
- 30 ml versiersuiker, gesif
Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit ‘n ronde koekpan van 20 cm met kleefwerende kossproei.
Sif die koekmeel, strooisuiker, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout saam.
Meng die pynappel, olie, eiers en bruinsuiker en voeg by die meelmengsel.
Voeg die gerasperde wortels, lemoensap en rosyne by en roer tot gemeng.
Giet in voorbereide pan en bak ongeveer 40 – 60 minute tot gaar en toetspen skoon uitkom.
Laat heeltemal afkoel in die pan en keer uit.
Roer die maaskaas, versiersuiker en suiker saam tot gemeng en versier die koek.
Resep en foto: Louisa Rossouw Hollenbach