KLAM WORTEL- EN APPELKOEK
- 2 koppies gerasperde wortel
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 2 teelepels fyn kaneel
- 2 groot eiers, geklits
- 1 koppie bruinsuiker
- 1 blikkie tertappels (400 g)
- 1 koppie gekapte amandels/okkerneute of pekanneute
- 1 koppie kookolie
Meng alles goed saam.
Smeer koekpan of ringkoekpan en skep die beslag in die pan.
Bak by 180°C vir 60 tot 75 minute.
- Versiersel:
- ½ koppie roomkaas
- 1 koppie versiersuiker
- skil van 1 suurlemoen
Meng die versiersel bestanddele saam en versier koek na smaak wanneer die koek heeltemal afgekoel het.
Resep en foto: Hermien Everts
Category: