KLAM VANILLA KOEK MET SAGTE VANILLA VERSIERSEL
Ek het hierdie Klam Vanilla Koek gemaak die naweek vir my verjaarsdag! Heerlik sag en definitief vir die soettand!!
- 2.5 (325 g) koppies koekmeel
- 4 teelepel bakpoeier
- ½ teelepel sout
- ¾ koppie botter, kamertemperatuur
- 1.5 koppies (310 g) suiker
- 3 eetlepels olie
- 1 eetlepel vanilla ekstrak
- 4 groot eiers
- 1 ¼ koppie (300 ml) melk
Berei reghoekige (26 x 38 cm ongeveer) pan voor en voer met bakpapier. Skakel oond aan op 176°C.
Meng die meel, bakpoeier, en sout in medium bak.
Plaas botter, suiker, olie en vanilla in ander groot bak en klits tot lig in kleur en donserig, omtrent 3-4 minute.
Voeg eiers een vir een by, meng tot omtrent heeltemal gemeng na elk.
Voeg helfte van droë bestanddele by die eiermengsel tot omtrent heeltemal gemeng.
Voeg melk stadig by tot goed gemeng, die beslag sal ‘curdled’ lyk, maar dit is reg so.
Voeg die orige droë bestanddele by, meng deur, maar moenie dit oormeng nie.
Plaas die deeg in die voorbereide pan en bak vir 22 – 25 minute.
Verwyder koek uit die oond en laat afkoel vir 2 – 3 minute, keer uit op afkoel rak en laat koud word.
- Sagte Vanilla Versiering:
- 2 koppies sagte botter
- 6 koppies gesifte versiersuiker
- 1 teelepel vanilla extract
- knippie sout
Meng botter tot sag en romerig vir ongeveer 2 minute.
Voeg versiersuiker ½ koppie op ‘n keer by en meng goed na elke byvoeging.
Klits vanilla en sout in en meng tot sag.
Versier soos verkies.
Resep en foto: Zinelle Mulder