Your Recipe Blog

KLAM SJOKOLADEKOEK

Recipe by
Cook: 45 - 50 minute

KLAM SJOKOLADEKOEK

  • 500 ml suiker
  • 3 groot eiers
  • 125 ml kookolie
  • 500 ml koekmeel
  • 125 ml kakao
  • 8 ml koeksoda
  • 8 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 250 ml karringmelk
  • 10 ml vanilla geursel

Voorverhit die oond tot by 180º C.
Smeer 1 koekpan (24cm).
Klits die suiker en eiers baie goed saam. Voeg die olie by en klits die mengsel tot romerig. Sif die droë bestanddele saam en vou by die eier en suikermengsel in.
Voeg die karringmelk en geursel by en meng goed.
Skep die beslag in die koekpan en bak vir ongeveer 45 tot 50 minute, toets vir gaarheid.

Nota:
Sou jy dit in 2 ronde panne doen is die baktyd slegs 30 tot 35 minute.
Keer die koek uit op ‘n draadrak en laat afkoel.
Versier soos verkies.
Ek her gekoopte sjokolade mousse opgesit en versier met sjokoade.

Resep en foto: Annemarie Muller Heinlein

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page