Your Recipe Blog

KLAM SJOKOLADE KOLWYNTJIES-KOEK

KLAM SJOKOLADE KOLWYNTJIES-KOEK

Resep geplaas deur Marieta van Bladeren
Foto’s: Marieta van Bladeren

  • 250 ml kookwater
  • 180 ml kakao, gesif
  • 125 ml melk
  • 5 ml vanilla
  • 500 ml koekmeel
  • 7 ml koeksoda
  • 2,5 ml sout
  • 250 g botter, kamertemperatuur
  • 315 ml sagte donkerbruin suiker
  • 180 ml suiker
  • 4 eiers
  • Verhit oond tot 180°C.
  • Plaas papiervormpies in ‘n muffinpan.
  • Klits kookwater en gesifte kakao tot glad.
  • Klits melk en vanilla by.
  • Sif koekmeel, koeksoda en sout in ander mengbak.
  • Klits botter, bruinsuiker en suiker tot lig van kleur en donsig in derde bak.
  • Voeg eiers een-een by en klits deeglik na elke byvoeging.
  • Voeg kakao mengsel en meel beurtelings by en klits na elke byvoeging.
  • Begin en eindig met meel.
  • Moenie bekommer as beslag geskif voorkom nie.
  • Skep beslag in kolwyntjievorms – ek doen dit met outydse roomyslepel – en maak bokante gelyk.
  • Bak vir 20 minute of tot gaar en uitgerys.
  • Versier met sjokolade-suurroomversiersel.
  • Sjokolade-suurroomversiersel:
  • 300 g goeie gehalte melksjokolade, in blokkies gebreek
  • 250 ml suurroom
  • 5 ml vanilla
  • Smelt sjokolade in dubbelkoker of in glasbak oor pot kookwater.
  • Roer tot gesmelt is. Voeg suurroom en vanilla by en roer oor lae hitte tot glad.
  • Verwyder van hitte en laat staan tot dik en smeerbaar.
  • Smeer oor kolwyntjies voordat versiersel te dik is.
  • Nota: Ek bak die resep ook in ‘n gatpan as grootkoek – dan so 40+ minute in die oond.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page