Your Recipe Blog

KLAM PIESANGBROOD

Prep: 10 minute | Cook: 1 uur | Servings: 1 brood

KLAM PIESANGBROOD

Van al die piesangbrood resepte wat ek al getoets het, is hierdie nog die lekkerste. Die resep het in 2009 ontstaan.
Piesangbrood kan dae lank vars bly, bak meer as een en vries dit.
  • 150 g botter
  • 250 ml sagte bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 5 ml vanilla geursel
  • 60 ml gouestroop
  • 375 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 2 ml koeksoda
  • 1 ml fyn kaneel
  • knippie sout
  • 4 ryp piesangs, fyn gemaak

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Voer ‘n broodpan van 8 cm x 18 cm uit met bakpapier.
Room die botter en die suiker ‘n paar minute en voeg die eiers een op ‘n slag by die bottermengsel.
Roer die vanieljegeursel en gouestroop by die mengsel. Roer goed.
Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en knippie sout in ‘n mengbak en vou die meelmengsel by die bottermengsel in.
Roer die piesangs daarby en meng tot alles gemeng is.
Skep die beslag in die voorbereide pan en bak vir 40 minute.
Bedek die broodjie met ‘n stukkie foelie en bak nog 15 – 20 minute of tot gaar. (As ‘n toetspen of sosatiestokkie skoon uitkom, is die broodjie gereed.)
Laat afkoel op ‘n draadrakkie. Sny in snytjies en geniet.

Nota:
Ek het myne met tuisgemaakte vyekonfyt bedien.
Jy kan dit ook dun met botter smeer en sprinkel gerasperde kaas bo-oor.

Resep getoets en 2de foto: Louisa Hollenbach
Foto:  Suenell Liebenberg

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page