KLAM LEMOENKOEK
- 3 eiers
- 1 koppie suiker
- 1 ½ koppies koekmeel
- 45 ml bak margarien
- knippie sout
- 1 ½ teelepels bakpoeier
- 180 ml melk
Meng suiker en eiers goed.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vou droë bestanddele by eiermengsel in.
Kook melk en botter saam tot die botter net gesmelt is. Voeg stadig by meelmengsel in en meng goed deur.
Skep in voorbereide koekpanne, of net een ronde koek pan 20 x 70 diep soos op die foto.
Bak 45 min op 180°C.
Nota:
Indien jy 2 panne gebruik, pas die baktyd aan asb?
- Stroop vir koek:
- 1 ½ koppies suiker
- ½ koppie water
- 45 ml bak margarien
- 1 koppie lemoensap
- 45 ml lemoenskil
Kook bogenoemde saam vir 5 min, haal van die stoof af, voeg lemoensap en skil by.
Meng goed en giet oor die warm koek wanneer dit uit die oond kom.
Laat staan ‘n rukkie en keer uit om af te koel op draadrakkie.
Nota:
Ek het vars room as versiersel gebruik.
Resep en foto: Belinda Minnie
2de foto: Gideon Louw