Maak die beslag 2 x vir ‘n lekker dubbellaagkoek. Pan grootte is 23 cm.
- 15 g (45 ml) kakao
- 210 g (250 ml) strooisuiker
- 15 ml bakpoeier
- 180 ml (¾ koppie) kookolie
- 180 ml kookwater
- 5 ekstra groot eiers, geskei
- 5 ml vanilla geursel
- 5 ml bakpoeier
Voorverhit die oond by 180ºC en smeer ‘n koekpan.
Sif die koekmeel, kakao, strooisuiker en 15 ml bakpoeier saam.
Klits die olie en kookwater saam, voeg by die meelmengsel en meng liggies.
Klits die eiergeel en voeg die vanilla geursel by en meng.
Klits die eierwitte tot sagtepunt stadium en vou die 5 ml bakpoeier in.
Meng die eiergele by die beslag en vou die eierwitte in.
Skep die beslag in die koekpan en bak vir 35 minute tot gaar.
Laat afkoel en versier met sjokoladeversiersel of na smaak.
Resep en foto: Louisa Hollenbach