Resep en foto: Louisa Hollenbach
Maak die beslag 2 x vir ‘n lekker dubbellaagkoek. Pan grootte is 23 cm.
- 15 g (45 ml) kakao
- 210 g (250 ml) strooisuiker
- 15 ml bakpoeier
- 180 ml (¾ koppie) kookolie
- 180 ml kookwater
- 5 ekstra groot eiers, geskei
- 5 ml vanilla geursel
- 5 ml bakpoeier
- Voorverhit die oond by 180ºC en smeer ‘n koekpan.
- Sif die koekmeel, kakao, strooisuiker en 15 ml bakpoeier saam.
- Klits die olie en kookwater saam, voeg by die meelmengsel en meng liggies.
- Klits die eiergeel en voeg die vanilla geursel by en meng.
- Klits die eierwitte tot sagtepunt stadium en vou die 5 ml bakpoeier in.
- Meng die eiergele by die beslag en vou die eierwitte in.
- Skep die beslag in die koekpan en bak vir 35 minute tot gaar.
- Laat afkoel en versier met sjokoladeversiersel of na smaak.
Category:

