Your Recipe Blog

KIWI’S MET VARIASIE

KIWI’S MET VARIASIE

Ek het oor die naweek bietjie geel kiwi konfyt gekook.

  • KIWIKONFYT MET APPEL
  • 1,5 kg afgeskilde kiwi’s en opgesny
  • 3 Granny Smith appels, afgeskil, ontpit en grof gerasper (hou skille eenkant want dit word saam gekook)
  • 900 g suiker
  • ¼ koppie suurlemoensap
  • knippie sout
  • 1 gelyke teelepel fyn gemmer
  • 1 stok kassia (kaneelstok)

Voeg al die bestanddele saam in vlekvrye staal kastrol en laat oornag staan. Indien jy nie ‘n vlekvrye staal kastrol het nie, gebruik ‘n plastiek- of glasbak.  Plaas die volgende dag alles in ‘n kastrol en kook tot konfyt stadium.
Ek smeer my kastrol met botter teen binnekantse rant om oorkook te verhoed.
Skep gereeld skuim af.
Om te toets of die konfyt reg is, skep ‘n bietjie in ‘n piering en sit dit in die vrieskas. Kyk na ‘n paar minute of dit gestol het, as konfyt reg is verwyder die kaneelstok asook die appelskille
Bottel in gesteriliseerde bottels, my bottels steriliseer ek in my oond die deksels in kookwater.

KIWIKONFYT MET PYNAPPEL:
Ek het ook dieselfde mates soos bo gebruik maar die appels met 2 opgesnyde pynappels vervang (geen skille).
Die konfyt is amper soos ‘n jellie en nie loperig nie.

KIWI’S INGELê
Het ook kiwi’s ingelê.
Geskil en net in halwes gesny, en het die stywes gebruik.
Medium stroop gebruik.
Kook 2 koppies water en 1 koppie suiker tot’n stroop. Pas aan na gelang van die hoeveelheid kiwi’s wat jy gaan bottel in dieselfde verhouding.
Plaas die halwe kiwi’s in dit sodra die suiker opgelos is.  Sodra die kiwi’s begin kook, haal van die plaat af en bottel.

Resep en foto:  Alta Gunter van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page