Your Recipe Blog

KIWI CURRIED SAUSAGES

KIWI CURRIED SAUSAGES

  • 1 ui, gekap
  • 20 ml olie
  • 500 gram varkworsies, in skywe gesny
  • 3 eetlepels kerriepoeier
  • ‘n handvol sultanas/rosyne
  • 600 ml water/hoenderaftreksel
  • 1 koppie bevrore ertjies
  • 1 hoog opgehoopte eetlepel maizena, aangemaak met water
  • 100 ml room
  • 2 gekookte eiers, in blokkies gesny
  • 2  eetlepels blatjang
  • sout en peper na smaak

Braai uie in olie tot deurskynend. Voeg wors by en braai 5 minute. Voeg kerriepoeier by, en braai nog ‘n paar minute.
Voeg sultanas, water en ertjies by en prut 5 – 10 minute.
Voeg maizenamengsel by en laat opkook.
Roer room, eiers, blatjang, sout en peper by en prut ‘n paar minute oor lae hitte.
Bedien op rys met blatjang.

Resep en Foto: Ilze Garbers Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5