Your Recipe Blog

KITSPOEDINGLEKKERS-KOEKIES

KITSPOEDINGLEKKERS-KOEKIES

  • 1 pakkie kitspoeding
  • 2 koppies versiersuiker
  • 3 eetlepels melk
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • ¼ koppie sagte margarien

Meng die kitspoeding en versiersuiker.
Meng die melk en suurlemoensap en meng in by die kitspoedingmengsel.
Voeg die margarien by en knie tot alles goed gemeng is en ‘n lekker deeg saamkom.
Die deeg is nou gereed vir die kinders se gebruik.
Rol uit en druk vormpies uit of maak koekies soos verkies.
Pak op ‘n bakplaat.
Laat staan dit vir 30 minute in ‘n koel plek om hard te word of langer indien nodig.

Foto deur Aneen Graupe en Lettie Martyniuk
Nota:  Lettie Martyniuk:
Dis lekker maar baie soet Ek het butterscotch gebruik en dis lekker ek dink die kinders en my man sal daarvan hou. Nou dat dit harder word proe dit soos baie lekker fudge.

4 Reviews

  1. tish

    Dink ek doen iets verkeerd myne is baie slap

    • Hi Tish het jy bak margarine gebruik? want die ander margarine het te veel water by dit sal jou deeg pap maak. Sit dit terug in die yskas dit kan die hitte ook wees, maar as jy alles reg afgemeet het is dit ‘n deeg wat mens kan uitrol. Hoop jy kom reg.

  2. Melody

    Word die koekies glad nie gebak nie?

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page