KITSPOEDING KOEKIES
Perfekte vakansie koekies. Heeeerlik!!
- 400 g/500 ml suiker
- 250 g botter of margarien
- 2 ekstra groot eiers
- 500 g bruismeel
- 1 pakkie (90 g) kitspoeding (enige geur)
Verhit die oond 180ºC. Smeer bakplate.
Verroom die suiker en botter of margarien saam en klop daarna die eiers een-een daarby in.
Sif die meel en poedingpoeier saam oor die eiermengsel en meng dit tot deeg.
Rol die deeg bolletjies van sowat 5 ml deeg elk en plaas hulle uitmekaar op die bakplate.
Bak die koekies 15 minute lank of totdat hulle begin verbruin.
Versier soos verkies.
Geplaas deur Carin Ras Wilson
Foto: Elrika Lesch
2de foto: Elzetna de Bruin – jy kan hulle ook opmekaar “plak” met versiersuiker of sjokolade.