KITI SE SAGTE BROODROLLETJIES
- 1 kg koekmeel
- 15 ml sout
- 45 ml suiker
- 45 ml melkpoeier
- 62.5 ml botter
- 2 blokkies gis (2 sakkies)
- 550 ml lou water
Sif droë bestanddele en vryf botter in.
Los gis op in water en roer by meel in.
Meng tot sagte deeg en knie 10 minute.
Plaas in gesmeerde bak, bedek en los dat dit rys (30 minute).
Knie af en verdeel in 2, rol elke deel in ‘n wors.
Sny elke wors in 15 gelyke dele.
Rol elke deel in ‘n bal en rol ovaalvormig uit.
Rol op soos ‘n rolkoek.
Plaas op bakplaat met naat na onder.
Bedek met kleefplastiek en laat 45 – 50 minute rys op warm plek.
Verf elke rolletjie met eier-water mengsel (of sommer aangemaakte vlapoeier) en bak 12 – 15 minute teen 230ºC.
Resep geplaas deur Kiti de Jager
Foto: Monica Botes