Your Recipe Blog

KITI SE ROOSTERKOEK

Recipe by
| Servings: 12 porsies

KITI SE ROOSTERKOEK

Hierdie is my weergawe van die roosterbroodjies wat mens koop om op die kole te sit.  Hulle is half gaar en gaan dan kole toe met of sonder vulsel.

  • 500 g koekmeel (3.5 koppies)
  • ½ koevertjie kitsgis
  • 5 ml sout
  • 15 ml suiker
  • 320 ml water
  • 25 ml olie

Voeg al die bestanddele in ‘n groot mengbak en knie saam tot die venster-stadium (tot jy dit kan trek en deur dit sien sonder dat dit breek).
Bedek die deeg in die mengbak met plastiek bo oor en ‘n warm doek om die bak en laat rys tot dubbel die volume.
Druk die deeg in ‘n plat pan wat met meel bestrooi is en sny in 5 x 5 cm vierkante.
Smeer elke vierkant aan al die kante met botter en plaas al die gemeerde vierkante weer terug in die bakplaat.
Die bottergesmeerde deeg, help dat dit apart bly.
Laat die deeg weer rys indien verkies, maar dit kan sommer direk gebak word teen 90ºC vir 20 minute. (jy kan dit ook in die mikrogolf sit vir 10 minute op 80% krag, maar ek verkies die oond weergawe)
Haal die roosterkoeke uit die oond en laat dit effens afkoel. (Die roosterkoeke sal nie deurgaar wees nie, dit moet verder op die kole gaargemaak word)
Jy kan dit nou net met knoffel- of pietersieliebotter smeer, of ‘n gaatjie in maak en bietjie binne in smeer, jy kan dit ongesmeer hou, indien verkies.
Maak die koeke verder gaar/bruin op die kole saam met jou vleis.

Nota:
Die roosterkoeke op die foto, het ek op bakpapier in ‘n pan op die stoof gedoen en dis oppad kole toe. Die hoofding is, om jou buitekante gaar te kry, sodat dit nie aan die rooster vassit nie.

Resep en fotos: Kiti de Jager

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5