KIKKER KOLWYNTJIES BIETJIE OP
Vir wanneer gaste onverwags opdaag vir tee.
- 10 kolwyntjies, gekoop of reeds gebak en gevries
- kersies en stroop
- sjokolade met neute, fyngekap
- bietjie melk
- ¾ koppie room
- ½ pakkie karamel kitspoeding
- 1 blik heel aarbei
Hol die kolwyntjies uit met ‘n koekiedrukker.
Kap die kersies fyn en pak onder in elke gaatjie.
Giet ‘n teelepel kersiestroop oor die kersies.
Smelt die sjokokade saam met ‘n bietjie melk en skep dit bo-op die kersies.
Klits die room en karamel kitspoeding tot romerig, en spuit dit in elke holte, asook om die rand.
Plaas ‘n aarbei in die middel en spuit van die karamel-room rondom die aarbei.
Nota:
Dit is hoekom ek altyd muffins en kolwyntjies in die vrieskas het. Om te ontdooi, het ek dit buite gesit met die wrap om, was seker om en by ‘n halfuur.
Kan ook vir ‘n paar sekondes in die mikrogolfoond ontdooi word.
Foto’s en idee: Petré van Jaarsveld