KETO WOLKBROOD “CLOUD BREAD”
Indien die lus vir brood te veel raak as jy op ‘n Keto eetplan is, maak gerus die vinnige brood. Gebruik dit veral in die plek van ‘n broodrolletjie as jy ‘n hamburger maak.
- 3 groot eiers
- 3 eetlepels volvet Griekse jogurt
- ¼ teelepel bakpoeier
Stel oond op 180°C.
Voer oondpan uit met bakpapier. Spuit die bakpapier ook met Spray a Cook sodat die brood nie vassit nie.
Skei die eiers. Klits die eierwitte met ‘n elektriese klister op hoë spoed tot dit begin skuim.
Voeg die bakpoeier by en klits verder tot stywe punt stadium.
Die eierwit het stywe punt stadium bereik as jy die klitser omdraai en die punte wys opwaarts.
Neem gewoonlik tussen 3 tot 5 minute.
In ‘n aparte mengbak, meng die Griekse jogurt met die eiergele. Klits met handklitser tot glad.
Vou versigtig die styf geklitste eierwitte by die eiergele mengsel in met ‘n metaallepel.
Moet die mengsel nie roer nie, vou slegs in tot gemeng.
Skep van die mengsel lepelsvol op die bakpapier en maak seker dat daar genoeg spasie tussenin is sodat hul nie aanmekaar rys nie.
Bak vir 20 minute of tot goudbruin.
Verwyder van oond en laat afkoel of afkoelrak vir paar minute.
Sprinkel seesout oor indien verkies.
Resep en foto: Simonè de Wet