Your Recipe Blog

KETO VIS, SKYFIES EN TARTARESOUS

KETO VIS, SKYFIES EN TARTARESOUS

Vis en chips was nog altyd een van my gunstelinge om in ‘n restaurant te bestel… wat is dan beter?? Maar as jy ‘n keto/low carb lewenstyl volg, of ‘n diabeet is, is die ete nie meer op die kaarte nie. Toe verlede week kry ek ‘n resep op my fb feed van Aussieketoqueen vir nie wat nie… ‘n resep vir keto vis en chips!!! Ek het dit toe gisteraand gemaak… en dit was heerlik!! Die deeg kort net twee effense anderse bestanddele, maar hulle is nie moeilik om te kry in SA nie. En as jy dit eers het, kan jy die deeg gebruik om enigiets te diep braai. Gaan dit beslis weer maak (dalk sommer vanaand😜!)

  • Vis en deeg:
  • 250-300 g wit visfilette (soos stokvis)
  • 6 eetlepels ongegeurde “whey” proteinpoeier
  • 1 ½ teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel xanthan gum
  • 2 eiers
  • 2 eetlepels koue sodawater
  • olie of vet vir diepbraai
  • Skyfies:
  • 1 swede/raap/stuk pampoen/4 murgpampoentjies, in skyfies gesny
  • sout en peper
  • olie
  • Tartaresous:
  • 1 koppie mayonnaise
  • 1 teelepel suurlemoenskil
  • 2-3 teelepels suurlemoensap
  • 1 agurkies, gekap
  • 1 eetlepel pietersielie, gekap
  • 2 teelepels droë of vars dille, gekap
  • 6 kappertjiesade, gekap (capers)
  • sout en peper

Meng al die bestanddele vir die tartaresous saam so paar uur (as jy kan) voor jy dit gaan gebruik. Laat staan in die yskas.

Plaas die gesnyde skyfies op ‘n bakplaat, bedek met bakpapier. Sprinkel olie oor, en geur na smaak met sout en peper. Bak by 190ºC tot bruin en/of gaar.

Verhit sowat 5 – 6 cm olie of vet in ‘n pot. Klits die deeg bestanddele saam totdat dit lyk soos n dik pannekoek beslag. Druk die vis goed droog met kombuispapier, doop in die deeg en plaas dadelik in die warm olie. Bak 2 – 3 minute aan ’n kant totdat die vis gaar en die deeg lig na goudbruin is (die deeg raak nie heeltemal so bruin so gewone deeg nie).
Dreineer op kombuispapier en bedien dadelik saam met die skyfies en tartaresous.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page