KETO SPAGHETTI BOLOGNAISE
Ons is nou aan die begin van ’n 1 week Covid lockdown hier in NZ, so my Sondagaand lyk bietjie anders as gewoonlik. Het vanaand my ma se huiskos ge-crave… maar het dit keto/diabeties vriendelik gemaak. En dit was heerlik😋
- Spaghetti:
- 3 – 4 groot murgpampoentjies, “spiralized” of met ‘n groente skiller in breë repe geskil
- 2 eetlepels olyfolie
- 1 knoffel huisie, gekap
- Bolognaise sous:
- 15 ml olyfolie
- ½ ui, gekap
- 3 knoffel huisies, gekap
- 500 g maalvleis
- 1 blikkie gekapte tamaties
- 1 teelepel origanum
- 1 teelepel gemengde kruie
- sout en peper na smaak
- 5 vars basiliekruid blare, gekap
- 125 ml room
- kaas vir bo-oor sprinkle
Gebruik ‘n oondvaste bak of pan met ‘n deksel om die bolognaise in te maak. Of braai bestanddele in ‘n pan en skep dan in oondvaste bak met ‘n deksel om in oond verder te bak.
Braai die ui in ‘n pot of pan in olyfolie tot deurskynend. Voeg knoffel by en braai nog 2 minute.
Voeg maalvleis by en braai tot bruin. Voeg res van die bestanddele (behalwe room) by, prut vir 5 minute.
Bedek met ‘n deksel en bak in die oond by 160ºC vir ‘n uur.
Braai die murgpampoentjies en knoffel in olie in ‘n pan totdat dit net sag is. Hou warm.
Haal die maalvleis mengsel uit die oond en roer die room by.
Skep die bolognaise bo-op die murgpampoentjie spaghetti, sprinkel kaas bo-oor en geniet.
Resep en foto: Ilze Jacobs