KETO SJOKOLADE EN GRONDBOONTJIEBOTTER FUDGE
So bietjie diabeet vriendelike Keto sjokololade grondboontjie botter fudge gemaak vir myself. Myne hier is dubbeld aangemaak omdat ek nie die houertjie room wou laat oorstaan nie.
- 100 g 80% of hoër Lindt sjokolade
- 100 g botter
- 4 eetlepels Xylitol of Eurytherol (onthou Xylitol is giftig vir diere)
- 100 g geel prop Black Cat grondboontjiebotter
- 100 ml vars room
- 1 teelepel vanilla geursel
- knippie pienk sout
Smelt botter en Lindt sjokolade in mikrogolf met kort beurte, terwyl jy gereeld roer.
Voeg suiker vervanging by en smelt.
Voeg grondboontjiebotter by en roer tot dit goed gemeng is.
Voeg vanilla en sout by en roer goed deur.
Voeg laastens die room by en roer tot dit glad en blink is. Skep in botter gesmeerde of Spray en Cook gespuite pyrex bak.
Laat afkoel en sny in blokkies. Plaas in yskas om te stol.
Nota:
Fudge moet verkieslik in die yskas bly omdat dit gou sag raak.
Resep en foto: Lynette de Beer