Your Recipe Blog

KETO ONWERKLIKE TERT

Recipe by
Cook: 50-55 minute

KETO ONWERKLIKE TERT

Nadat julle die Impossible Pie resep gedeel het, het ek besluit dat ek dit gaan maak omdat dit so eenvoudig en maklik lyk…en natuurlik dit ook low carb/keto maak. So dié weergawe is diabeet-vriendelik en bevat ook geen suiwel nie (dairy free!).

  • 4 jumbo eiers
  • versoeter na smaak (pas dit aan na gelang van die versoeter wat jy gebruik – soetheidsgrade van versoeters verskil)
  • 125 ml amandelmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • knippie sout
  • 250 ml fyn klapper
  • 1 blik klapperroom (ongeveer 480 ml)

Meng al die bestanddele goed saam.
Giet die beslag in ‘n 30 x 7 cm ronde tertbak en bak vir 50 – 55 minute by 170ºC totdat die vulsel gestol het.
Laat dit afkoel, sny en bedien.

Nota:
Jou versoeter sal die finale kleur van die tert bo-op bepaal – party sal ‘n ligter tert lewer.

Resep aangepas en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5