KETO NACHO BAKKIE
Hierdie is een van my gunsteling aandetes ooit… en dis elke week of wat op die spyskaart. En bowls is mos nog in?? Ek maak dit keto/low carb met keto chips, maar jy kan enige low carb chip/crackling/fathead cracker etc gebruik of sommer Doritos as jy nie jou oor koolhidrate bekommer nie!! ‘n Heerlike aandete vir die langnaweek en baie min moeite.
- Chilli Con Carne:
- ½ ui, gekap
- 1 klein soet groenrissie, gekap
- 15 ml olyolie
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 500 g bees/vark maalvleis
- 2 teelepels fyn komyn (cumin)
- 2 teelepels gerookte paprika
- 2 teelepels oreganum
- 1 teelepel rissievlokkies
- sout en peper na smaak
- 1 eetlepel tamatiepasta
- 500 ml hoenderaftreksel
- Ekstra:
- enige lae koolidraat Nacho’s chips/crackling/fathead cracker
- suurroom
- gerasprede kaas
Braai die ui, groenrissie en knoffel 5 – 10 minute in olie tot sag.
Voeg die maalvleis en speserye by en braai vir 5 – 7 minute.
Voeg die tamatiepasta en aftreksel by en prut totdat die meeste van die vloeistof afgekook het.
Hou eenkant.
- Guacamole:
- 1 – 2 ryp avokados, fyn gedruk
- ½ tamatie, gekap
- 1 handvol vars koljander, gekap
- 1 teelepel asyn of suurlemoensap
- sout en peper, na smaak
Meng al die bestanddele saam en hou in die yskas tot bediening.
Stel jou bord saam: skep die vleismengsel, chips en guacamole in ‘n bord.
Voeg ‘n skeppie suurroom by, rasper kaas oor die maalvleis en bedien.
Nota:
Indien jy nie keto is nie kan jy ‘n blikkie of twee gebakte boontjies of 4-boon mengsel deur die maalvleis roer om dit te rek.
Resep en foto: Ilze Jacobs