Your Recipe Blog

KETO MARMITE EN KAASKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute

KETO MARMITE EN KAASKOEK

  • Beslag:
  • 500 ml amandel/sonneblomsaad meel
  • 125 ml hawer velsel of 60 ml klappermeel
  • knypie sout
  • 2 ½ teelepels bakpoeier
  • versoeter na smaak (dit hang van die tipe versoeter af)
  • 125 ml room
  • 2 eiers
  • 10 ml vanilla geursel
  • 50 g gesmelte botter
  • Bolaag:
  • 2 – 3 teelepels Marmite of Bovril
  • 65 g botter, gesmelt
  • 200 ml gerasperde kaas

Meng al die beslag bestanddele goed saam, en skep in ‘n 15 x 35 x 5 cm pan, wat uitgevoer is met bakpapier en gespuit is.
Bak 20 minute by 180°C.
Terwyl die koek bak, smelt die Marmite en botter saam en meng goed.
Sodra die koek uit die oond kom, steek gaatjies met ‘n vurk in die warm koek en skep die bottermengsel bo-oor (smeer die Marmite oor die koek as dit nie egalig uitkom nie).
Sprinkel die kaas bo-oor, en plaas terug in die oond vir 2 minute.
Haal uit, laat effens afkoel en bedien.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5