Your Recipe Blog

KETO MACADAMIA NEUT BROWNIES

Recipe by
Cook: 17 - 20 minute | Servings: 16 blokkies

KETO MACADAMIA NEUT BROWNIES

Dit is nou daardie tyd van die jaar waar mens bietjie meer kuier, bordjies soet of sout na funksies of mense moet vat, en daar oral waar mens kyk, soetgoed te koop aangebied word. As jy ‘n diabeet is, of koolhidrate uitsny, kan dit ‘n aaklige tyd van die jaar (kosgewys) wees… tensy jy hierdie keto macademia neut brownie resep kan maak. Nou hoef niemand uit te voel as dit by ‘n nagereg of ‘n soet bordjie kom nie. Fudgerig en baaaie lekker saam met geklopte room… of sommer net warm uit die oond.

  • 175 ml versoeter (soos erythritol of monkfruit, nie stevia)
  • 90 ml kakao poeier
  • 130 g botter of 130 ml sonneblomolie
  • 1 teelepel vanielje ekstrak
  • 180 ml amandelmeel (of neutmeel van jou keuse)
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • 2 eiers
  • 8 macadamia neute, gekap

Plaas die versoeter, kakao en botter of olie in ‘n pot, en smelt oor ‘n lae hitte totdat die versoeter opgelos het. Laat afkoel vir ‘n paar minute, en roer dan die res van die bestanddele by (behalwe die neute). Skep in ‘n 10 x 20 cm oondpan, uitgevoer met bakpapier, en sprinkel neute bo-oor.
Bak 17 – 20 minute by 180 °C.
Laat afkoel en sny in blokkies.

Nota:
16 blokkies bevat elk 1.5 g net carbs.

Resep en foto:  Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page