Your Recipe Blog

KETO KARAMELSKYWE

KETO KARAMELSKYWE

Hier is ‘n resep vir al die diabete/low carbers en keto mense wat van ietsie soets hou. Wees net gewaarsku… selfs die wat suiker eet gaan die verslind. Baie baie lekker.
Allulose is nie beskikbaar in Suid Afrika nie. Eyrytherol, Stevia of Suki kan as plaasvervanger gebruik word.  Indien jy ‘n ander versoeter gebruik moet jy dit net aanpas volgens hoe soet jou versoeter is.

  • Basis:
  • 2 koppies amandelmeel, of enige neutmeel van jou keuse
  • ½ koppie gesmelte botter of margarien
  • 2 eetlepels allulose, of versoeter van jou keuse
  • Vulsel:
  • 3 koppies room
  • 1 koppie allulose
  • Bolaag:
  • 1 plak 85 – 90% donker sjokolade
  • 2 eetlepels klapperolie

Meng die bestanddele vir die basis saam. Druk dit met jou hande vas in ‘n 25 x 20 cm oondbak, uitgevoer met bakpapier.
Bak 15 min by 180°C, totdat dit goudbruin bo-op is.
Plaas die vulsel bestanddele in ‘n pot, en kook oor ‘n medium hitte (20 – 30 minute) totdat die mengsel verdik het en ‘n karamel kleur het.
Skep dit bo-oor die basis, en laat 2 ure in die yskas staan totdat die karamel gestol het.
Smelt die sjokolade en die klapperolie vir die bolaag in die mikrogolf saam, roer elke 30 sekonde tot dit net gesmelt is.
Giet bo-oor die vulsel en laat nog 2 ure stol (oornag is nog beter).
Sny in blokkies of skywe en geniet.

Nota:
*Ek gebruik allulose as ‘n versoeter omdat dit karameliseer en bruin raak soos gewone suiker in resepte. Dit het ook nie die nasmaak of verkoelende effek van ander versoeters nie.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page