Your Recipe Blog

KETO GROENTESOP – KAMMA BOONTJIESOP

KETO GROENTESOP – KAMMA BOONTJIESOP

  • 25 ml olyfolie
  • 250 g beesskenkel (of hoeveelheid van eie keuse)
  • 1.5 liter kookwater
  • 1 beesaftreksel blokkie
  • 1 eetlepel Worcestershire sous
  • peper na smaak
  • 50 g botter
  • ½ ui, gekap
  • 5 cm prei, gewas en gekap
  • 1 klein of ½ groot wortel, in klein blokkies gesny
  • ⅓ tot ½ kopkool, gekap
  • ½ blikkie gekapte tamaties
  • 2 eetlepels vars oreganum, gekap
  • 2 pakkies Carbsmart “beef and vegetable” kitssop (of ½ pakkie soppoeier van eie keuse as koolhidrate nie belangrik is nie – byvoorbeeld “oxtail” of “beef and vegetable” is ‘n goeie plaasvervanger)
  • 1 teelepel uiepoeier
  • ½ teelepel selderysaad (kan vervang word met vars seldery)
  • sout en peper na smaak
  • 1 eetlepel asyn
  • 100 ml room

Verbruin die vleis aan beide kante in olie in ‘n pot of elektriese drukkoker.  Voeg die water, aftreksel, Worcestershire, sous en peper by. Kook die vleis op hoë druk in die drukkoker of in die pot tot dit uitmekaarval sag is (± 45 minute  en laat die drukkoker toe om vanself heeltemal stoom af te blaas). Skep die vleis en al die vleisvloeistof in ‘n glasbak en gebruik dieselfde pot waarin die vleis verbruin en saggekook is, om die sop in te maak.
Braai die uie, prei en wortel in die pot/drukkoker in botter totdat die uie deurskynend is. Voeg die kool by die gebraaide uiemengsel en braai verder vir ± 5 minute.  Voeg die vleis en al die vleisvloeistof, asook die res van die bestanddele (behalwe die asyn en room) by die uie- en koolmengsel en prut totdat die wortel en kool sag is.
Verpulp met ‘n staafmenger (moenie hierdie stap mis nie!)  Indien sop met ‘n growwer tekstuur verkies word, verpulp dit vir ‘n korter tyd.  Die sop sal soos boontjiesop begin vertoon.
Roer die asyn en room (indien gebruik) by, haal van die hitte af en bedien.

Nota:
Indien ‘n dikker sop verkies word, kan die vloeistof na smaak verminder word en vir ‘n dunner sop word die vloeistof na smaak vermeerder.  Die resep kan ook met gemak verdubbel word en dit vries ook goed.

Resep en foto:  Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page