KETO GINGER SLICES
In NZ is ‘n “ slice” baie gewild, en omtrent orals te koop. Caramel, suurlemoen, ens, maar ‘n groot gunsteling is ‘n ginger slice. So as jy van gemmer hou, en iets anders as ‘n gemmerkoekie wil probeer, is hierdie resep vir jou. En keto/diabeet vriendelik.
- Basis:
- 110 g botter/margarien, gesmelt
- 2 koppie amandelmeel (of neutmeel van jou keuse)
- ½ koppie klappermeel
- 2 eetlepel versoeter (erythritol) van jou keuse
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel fyn gemmer
- knypie sout
- Bolaag:
- 110 g botter/margarien
- 250 ml room
- 1 koppie versoeter (erythritol) van jou keuse
- 1 ½ eetlepel fyn gemmer
Verhit die oond tot 180°C. Meng die basis bestanddele saam, en druk vas in ‘n 20 x 25 cm oondbak wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak 10-15 minute tot goudbruin.
Plaas die bestanddele vir die bolaag in ‘n pot, en kook totdat die mengsel karamel kleurig is en die agterkant van ‘n lepel bedek (15 tot 20 minute).
Skep oor die basis en laat stol in die yskas.
Sny in skywe en bedien.
Resep en foto: Ilze Jacobs