Your Recipe Blog

KETO BRAAIBROODJIE

Recipe by
Cook: 25 minute | Servings: 6

KETO BRAAIBROODJIE

Ek is baie lief vir braaivleis, maar vir iemand wat low carb/keto eet is meeste tradisionele SA braai bykosse nie geskik nie. So vanaand deel ek my resep vir ‘n “deconstructed” braaibroodjie gebak, die brood wat jy gebruik (of nie!) bepaal of dit low carb/keto is of nie is nie! Baie lekker saam met ‘n vleisie oor die kole.

  • 2 groot murgpampoene, in repe gesny
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 tamatie, in skywe gesny
  • 4 eetlepels knoffel en sprietui gegeurde maaskaas
  • ½ klein rooi ui, in dun skywe gesny
  • sout en peper na smaak
  • 1 sny low carb/keto/gewone brood, grof gekrummel (as jy nie het nie, gebruik net kaas)
  • 125 ml gerasperde kaas

Plaas die murgpampoen, gesprinkel met olyfolie op ‘n bakplaat en rooster op hoog vir 10 – 15 minute tot ligbruin.
Pak die skywe in ‘n oondbak en plaas nou die tamatieskywe, maaskaas, ui, brood (indien gebruik) en kaas bo-op.
Strooi sout en peper oor en bak 25 minute by 180ºC.
Sny in blokke en bedien met braaivleis (natuurlik!!)

Resep en foto’s: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page