KETO BOEREWORS EN SOUS
Boerekos (of kookkos😉) kan keto/low carb wees – ek maak dit gereeld. Vanaand is dit boerewors met sous (lees net die etiket om seker te maak dat daar geen fillers ens by die wors gevoeg is nie), blomkool “mash”, skorsie en broccoli.
- Boerewors en sous:
- 500 g boerewors
- 20 ml olyfolie
- 200 ml water
- 15 ml asyn
- 10 ml Worcestershire sous
- versoeter, sout en peper na smaak
- 50 ml room
Braai die wors in die olie weeskante tot gaar, en totdat daar ‘n lekker bruin lagie in die pan is.
Voeg die water by, krap die bruin aanbrandsel af en meng goed met die water.
Kook die sous met die wors in vir 4 – 5 minute en as die sous begin dik raak, voeg die res van die bestanddele by (behalwe die room) en roer goed.
Haal van die hitte af, roer die room deur en hou warm.
- Skorsies
- 1 skorsie, gehalveer
- 2 teelepels botter
- 1 teelepel “mixed spice”
- sout en peper na smaak
Kook die halwe skorsies in kookwater tot net sag (15 – 20 minute, afhangend van hoe oud jou skorsie is).
Skep die pitte uit en plaas 1 teelepel botter, sout en peper in elke helfte.
Sprinkel ‘n ½ teelepel “mixed spice” oor elke halwe skorsie. Hou warm.
- Blomkool “mash”:
- 400 g gevriesde/vars blomkool
- 2 eetlepels botter
- 100 ml room
- sout en peper na smaak
Kook die blomkool in kookwater tot sag. Dreineer, roer die res van die bestanddele by en maak fyn met ‘n “stick blender.” Hou warm.
- Broccoli in die lugbraaier:
- ½ koppie broccoli, in blommetjies gesny
- 2 eetlepels olyfolie
- sout en peper na smaak
Roer die broccoli, olie, sout en peper in ‘n mengbak saam.
Plaas in die “air fryer” vir 12 minute by 195°C.
Skep op, giet die sous oor die blomkool “mash” en geniet. xx
Resepte en foto: Ilze Jacobs












