KERSIETAMATIE EN BLOUBESSIE PASTASLAAI
- 125 g rou pasta
- olyfolie, vir panbraai
- ½ ui, fyn opgesny
- 1 rooi of groen brandrissie, opgesny
- ½ rooi soetrissie, opgesny
- 25 ml brandewyn
- 1 knoffeltoontjie, gepars
- 12 kersietamaties, gehalveer
- sout en gemaalde swartpeper, na smaak
- 10 ml balsamiese asyn
- 12 bloubessies
- pietersielie, fyngekap en na smaak
Kook die pasta in soutwater tot al denté, sowat 8 – 10 minute.
Dreineer die pasta en plaas dit in yskoue water totdat dit gebruik moet word.
Verhit die olie en braai die uie, soet- en brandrissies so ‘n paar minute en voeg die brandewyn by.
Roerbraai deur tot die alkohol verdamp het.
Voeg die knoffel, tamatie halwes en balsamiese asyn by, geur met sout en peper en roerbraai deur.
Dreineer die pasta en voeg dit by die res van die panmengsel, asook die bloubessies.
Roer deur totdat die pasta goed warm is en deeglik gemeng is met al die bestanddele in die pan.
Skep op, strooi pietersielie oor en bedien warm.
Geniet dit wat oorbly as ‘n koue slaai die volgende dag.
Resep en foto: Johan Rossouw