KERSIEKONFYT / KOMPOT
- KERSIEKONFYT
- 2 kg kersies, in helfte gesny en ontpit
- 1.6 kg suiker
- 25 ml suurlemoensap
Pak vrugte en suiker saam met die suurlemoensap in lae.
Laat smelt die suiker oor lae hitte. Moenie vinnig kook voor die suiker nie opgelos is nie.
Kook die konfyt vinnig en skep die skuim af.
Kook tot die piering toets gedoen kan word vir stroop se dikte (±1 – 1 ½ uur)
Skep in gesteriliseerde glasbottels met deksels terwyl die konfyt warm is. Seël dadelik.
Lewer 7 heuningflessies (375 ml).
- KERSIE KOMPOT
- 1 kg kersies, ontpit en stukkend gesny
- 2 teelepels suurlemoensap
- 1 koppie suiker, of meer na smaak
- 2 teelepels mielieblom
Kook kersies saam met die suurlemoensap oor lae hitte en voeg suiker by.
Kook vir ongeveer 1 uur.
Gebruik ‘n staafmenger en kap tot fyn.
Maak die mielieblom aan met ‘n bietjie water, voeg by die kersies en kook tot dik.
Skep in gesteriliseerde flessies met deksels terwyl die kompot warm is. Seël dadelik.
Lewer 4 flessies (250 g)
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk