Your Recipe Blog

KERSIE TAMATIE EN BASILIEKRUID FRITTATAS MET ‘N VERSKIL

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 24 frittatas

KERSIE TAMATIE EN BASILLIEKRUID FRITTATAS MET ‘N VERSKIL

  • Meng die volgende goed saam:
  • 12 eiers
  • 12 eetlepels melk
  • sout en peper na smaak
  • Vulsel:
  • 1 pakkie sampioene, in kwarte gesny
  • 1 klein pakkie kersie tamaties, in kwarte gesny
  • 1 groen soetrissie (jou keuse van kleur), fyn gekap
  • 1 medium tot groot ui, fyn gekap

Braai uie tot net deurskynend en voeg die reg van die vulsel bestanddele by.
Braai tot alles net lekker sag is. Haal van die hitte af en hou eenkant.

  • 1 koppie fyn gerasperde kaas, wit cheddar
  • vars gekapte basiliekruid fyn gekap, opsioneel

Gebruik muffin panne wat baie goed gespuit is. (ongeveer 24 gaatjies nodig)
Sit ‘n eetlepel van die vulsel in elke “gaatjie” dan ‘n teelepel kaas en giet van die eier- en melkmengsel oor tot die gaatjie vol is.
Strooi basilliekruid bo-oor.
Bak teen 190°C tot mooi bruin bo-op en gaar.
Geniet dit!

Resep en foto: Lisa Oosthuizen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page