Your Recipe Blog

KERSIE- EN KLAPPERKOEK

Recipe by
Cook: 40 - 45 minute

KERSIE- EN KLAPPERKOEK

  • 500 ml (280 g) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 125 ml klapper
  • 160 ml sagte margarien of botter
  • 180 ml strooisuiker
  • 2 ml amandel geursel
  • 3 ekstra groot eiers
  • 125 ml melk
  • 125 ml glanskersies, middeldeur gesny

Voorverhit die oond tot 180ºC en spuit ‘n ronde of ringkoekpan van 20 cm deursnee met kleefwerende kossproei.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer die klapper by die gesifde bestanddele in.
Klits die botter en strooisuiker tot romerig, voeg die geursel by en klits die eiers een vir een by die suikermengsel.
Vou die droë bestanddele beurtelings met die melk by die bottermengsel in.
Vou die kersies laastens by die beslag in en skep in die voorbereide koekpan.
Bak die koek vir 40 – 45 min in die voorverhitte oond tot gaar en ‘n toetspen skoon uit die koek kom.
Laat die koek effens afkoel in die koekpan voordat dit uitgekeer word.
Bedien met room.

Nota:  Rina Kleinhans
Meng die kersies in die meelmengsel in of skud die kersies in bietjie meel, dat die kersies nedek is, dan sak hulle nie af in die beslag nie en is eweredig versprei.

Resep en foto’s: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5