Your Recipe Blog

KERSFEESKOEK MET NEUTE

Recipe by
Cook: 3 ure

KERSFEESKOEK MET NEUTE

  • 5 koppies vrugtekoekmengsel
  • 1 pakkie (500 g) dadels, gekerf
  • 1 pakkie (375 g) glanskersies
  • 1 pakkie (500 g) pekanneute,  gekerf
  • 1 pakkie (500 g) sitrusskil (lemoen skil)
  • 250 g “Stork bake” margarien
  • 3 koppies water
  • 2 koppies suiker
  • 1 teelepel koeksoda
  • 2 teelepels bakpoeier, opgehoop
  • 4 koppies koekmeel
  • 3 eiers, geklits
  • knippie sout
  • ½ teelepel kaneel
  • ½ teelepel gemengde speserye ( mixed spice)

Kook vrugte, dadels, water, suiker, koeksoda en stork bake vir 25 min. Roer baie en laat afkoel. Sif meel, bakpoeier en sout, kaneel en mixed spice saam.
Klits eiers en meng goed om die beurt met vrugte- en meelmengsel.
Berei die koekpanne goed voor en skep die deeg in die panne of sien nota onder.
Bak vir 3 ure by 160°C. Draai bietjie koeler vir laaste halfuur.
Toets vir gaarheid, laat staan ‘n rukkie in die pan voor jy die koek uitkeer.

Nota:
Ek gebruik ‘n ou enamel kastrol met koerant papier buite om gebind en ‘n hele paar lae bruin papier en “glad bake” aangesien hy lank bak. Ek versier nie en gebruik ook nie alkohol nie maar ek glo jy kan hom maar dokter.
Geniet!!

Foto en resep aanpassings: Reinette Sargent
Resep: Magda Graaff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page