Your Recipe Blog

KERSFEES TIRAMISU

KERSFEES TIRAMISU

  • 500 ml sterk swart koffie, afgekoel
  • 62,5 ml rum
  • 4 eiers, geskei
  • 62,5 ml strooisuiker
  • 500 g mascarpone-kaas
  • 250 ml room, styfgeklop
  • 1 sponskoek, in vingers gesny
  • 250 ml glanskersies, gehalveer
  • 250 ml geroosterde amandels
  • 250 ml groenvye, in blokkies gekap
  • 10 ml kakao

Meng die koffie en rum in ’n mengbak. Klits die eiergeel en suiker tot lig en romerig. Voeg die mascarpone-kaas by die eiermengsel en klits tot net gemeng.
Vou die geklopte room in.
Klits die eierwitte styf tot sagte punte vorm. Vou die eierwitte versigtig in die mascarpone-mengsel in met ‘n lepel. Doop die sponskoek-vingers een op ’n slag in die koffie-en-rum-mengsel. Plaas die vingers in ’n bak van so 20 x 25 cm groot en 6 cm diep.
Smeer helfte van die mascarpone-mengsel oor die vingers. Sprinkel helfte van die vrugte en amandels oor.
Doop die res van die sponskoek-vingers in die koffie. Plaas hulle bo-op die vingers in die bak.
Smeer die res van die mascarpone-mengsel oor. Sif van die kakao oor en versier met nog vrugte en neute bo-op. Plaas die tiramisu in die yskas vir minstens 4 uur.

Foto:  Leanne Thurston Coetzer – my staatmaker nagereg al die afgelope 4 jaar 🙂

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page